wonde wondsorg wondgenesing diabetiese voet
ulkus seer ulcer wound gangreen gangrene goedkoop wondsorg wonde, wondsorg, wondgenesing, diabetiese voet, ulkus, seer, ulcer, wound, gangreen, gangrene, goedkoop wondsorg, moderne wondsorg, Diabetiese Voetulkusse, Veneuse Stase Ulkusse, onderbeenulkusse, Gemengde Onderbeenulkusse, Arteriële Ulkusse, neuropatie, ischemie, neuro-ischemie, spatare, diep veneuse trombose, arteriële inkorting, veneuse inkorting, komplekse wonde, basiese wondsorg, gevorderde wondsorg, negatiewe drukterapie, VAC, Arteriële Hervaskularisasie, arteriële prosedures, Hiperbariese Suurstofterapie, Hiperbariese Suursotfterapie, hiperbariese eenhede, Kliniese Ondersoek, Hand-Doppler, Ultraklank, Dupleks-Doppler, Transkutane Suurstofmeting, suurstofmeting, Dr. Weir, Vaskulêre Chirurg, Vaskulêre En Hiperbariese Eenheid, Life Eugene Marais Hospitaal, Algemene Chirurg, Endovaskulêre Chirurgie, Trauma Chirurgie, Hiperbariese Geneeskunde, wondsorgdeskundiges, wondsorgspesialis, Hiperbariese Tegnoloog, mediese fondse, Eugene Marais Hospitaal, Branden de Jongh, Stefan Dippenaar, Renate Wannenburg, Amanda Verwey, Simone Ros. Albert Hibbert, wondsorg Pretoria, wondsorgspesialis 


Die basiese beginsel van moderne wondsorg is om ’n ideale omgewing te skep waarin die wond die beste kans het om te kan genees

TIPE WONDE WAT ONS PRAKTYK HANTEER:

Diabetiese Voetulkus

Diabetiese Voetulkusse

Wonde van die voete, voetsole en onderbene van pasiënte met diabetes. Hierdie wonde mag ontstaan weens ingekorte sensasie (neuropatie) of ingekorte arteriële toevoer (ischemie) of ’n kombinasie van bogenoemde (neuro-ischemie) 

Veneuse Ulkus

Veneuse Stase Ulkusse

Veneuse stase ulkusse is verantwoordelik vir die oorgrote meerderheid onderbeenulkusse. Dit ontstaan dikwels weens swak vloei van veneuse bloed vanuit die onderbene terug na die hart. Pasiënte het dikwels ’n geskiedenis van spatare en / of vorige diep veneuse trombose

Gemengde Ulkus

Gemengde Onderbeenulkusse

Pasiënte met arteriële inkorting en veneuse inkorting, mag ook hardnekkige onderbeenulkusse ontwikkel, wat uitdagende wonde is om te behandel. Indien konserwatiewe wondsorg nie die nodige resultate oplewer nie, mag dit nodig wees om die arteriële toevoer te verbeter 

Gangreen

Arteriële Ulkusse & Gangreen

Pasiënte met arteriële ulkusse het onvoldoende toevoer van suurstofryke bloed na die ledemate. Indien moontlik word hierdie pasiënt aanvanklik konserwatief behandel. Indien konserwatiewe wondsorg nie die nodige resultate oplewer nie, mag dit nodig wees om die arteriële toevoer te verbeter 

DIAGNOSTIESE MODALITEITE TOT ONS BESKIKKING
BY DIE PRAKTYK

Hand-Doppler

Kliniese Ondersoek & Hand-Doppler 

’n Volledige mediese geskiedenis en kliniese ondersoek sal gevolg word deur ’n Doppler-ondersoek om te bepaal of die arteriële toevoer na die ledemaat voldoende is

Arteriële Dupleks-Doppler

Ultraklank & Dupleks-Doppler

In gevalle waar dit nodig geag word, kan arteriële en / of veneuse dupleks-Doppler ondersoeke gedoen word ten einde die kliniese diagnose te bevestig

TcPO2

Transkutane
Suurstofmeting

Ons het spesiale toerusting ten einde te bepaal presies hoeveel suurstof beskikbaar is op spesifieke areas op die liggaam. Dit kan gebruik word om te bepaal of daar voldoende suurstof beskikbaar is vir die wond om te genees

BEHANDELINGSMODALITEITE TOT ONS BESKIKKING BY DIE PRAKTYK

coffee bg

Basiese
Wondsorg

Al die werknemers by die praktyk is opgelei om basiese wondsorg te doen. Deurdat ons baie pasiënte hanteer, kan ons basiese wondsorg op ’n deskundige vlak aanbied. Ons het ook ’n span verpleegkundiges wat in assosiasie met die praktyk werk. Sommige van hulle doen selfs tuisbesoeke.

Negatiewe Druk

Gevorderde Wondsorg

Verskeie gevorderde wondsorgmodaliteite is beskikbaar, insluitende negatiewe drukterapie (VAC). Wanneer gevorderde wondsorg benodig word, betrek ons dikwels ons span wondsorgdeskundiges. Hierdie persone is verpleegkundiges met bykomende kwalifikasies ten einde gevorderde wondsorg te doen.

Angioplastie

Arteriële Hervaskularisasie

Pasiënte met arteriële inkorting, wat nie na wense reageer op basiese wondsorg of gevorderde wondsorg nie, kan oorweeg word vir arteriële prosedures. Dr Weir is ’n Vaskulêre Chirurg en sal die opsies met die pasiënt bespreek en op die beste ingreep vir die spesifieke pasiënt, saam met die pasiënt besluit

coffee bg

Hiperbariese Suurstofterapie

Hiperbariese Suurstofterapie is internasionaal aanvaar as ’n toepaslike behandelingsmodaliteit vir pasiënte met komplekse wonde, wie nie na wense reageer op gevorderde wondsorg nie. Ons het twee hiperbariese eenhede in die praktyk en kan in geselekteerde gevalle die behandeling motiveer by u mediese fonds.

U is meer as welkom om ons te kontak ten einde ’n afspraak te reël.

Neem asseblief kennis dat ons slegs pasiënte met mediese fondse kan hanteer. As u ’n “privaat”-pasiënt is, sonder ’n mediese fonds, sal ons u ongelukkig elders moet verwys.

Vaskulêre En Hiperbariese Eenheid
Life Eugene Marais Hospitaal

Dr Weir het in 1993 gekwalifiseer as ’n mediese dokter. Hy het daarna gespesialiseer as ’n Algemene Chirurg. Hy het ’n genootskap voltooi en eksamens afgelê ten einde te kwalifiseer en te registreer as ’n Vaskulêre Chirurg in 2002.  In 2003 het hy ’n genootskap in Trauma Chirurgie en Endovaskulêre Chirurgie afgelê in Sydney, Australië. Dr Weir is sedert 2004 in praktyk by die Eugene Marais Hospitaal. Hy het in 2007 ’n kursus afgelê in Hiperbariese Geneeskunde, waarna hy die Hiperbariese Eenheid oorgeneem het by Dr Frans Cronjé. In 2010 het hy ’n Internasionale Interdissiplinêre Wondsorgkursus voltooi. 

Dr Weir het gespesialiseer in Vaskulêre Chirurgie, en is gekwalifiseer in Hiperbariese Geneeskunde en gespesialiseerde Wondsorg. 

Ons Span

Gregory

Dr Gregory Weir

Vaskulêre Chirurg

Branden

Branden de Jongh

Praktykbestuurder &
Hiperbariese Tegnoloog

Stefan

Stefan Dippenaar

Finansiële Bestuurder &
Hiperbariese Tegnoloog

Renate

Renate Wannenburg

Wondsorgspesialis

Amanda

Amanda Verwey

Wondsorgspesialis

Simone

Simone Ros

Wondsorgspesialis

Albert

Albert Hibbert

Wondsorgspesialis

Valana Skinner

Valana Skinner

Wondsorgspesialis

Alida Botha

Alida Botha

Limfedeem-spesialis

Wat kan u doen as u nie toegang het
tot ’n Wondsorg-spesialis nie?


As u bogenoemde basiese wondsorg-protokol gevolg het en u wonde nie binne 7 dae verbeter het nie, benodig u ’n Wondsorg-spesialis!, vir gevorderde wondsorg.

As u wonde na 6 weke onder die sorg van ’n Wondsorg-spesialis nie na wense verbeter het nie, benodig u ’n konsultasie met ’n Vaskulêre Chirurg, of ’n ander toepaslike chirurgiese of ortopediese spesialis. Kontak ons as u nie seker is nie.

Alle pasiënte met gangreen moet onmiddelik verwys word na ’n Vaskulêre Chirurg!

yt